Portaal:Rugby/Nuus
Voorkoms
- Portugal bespreek die 20ste en laaste plek vir die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk; vir die eerste keer sal geen Noord-Amerikaanse span aan 'n rugbywêreldbekertoernooi deelneem nie, aangesien nóg Kanada nóg die Verenigde State kon kwalifiseer.
- Die Nieu-Seelandse All Blacks wen sy 19de titel tydens die 2022-Rugbykampioenskapreeks.
- Die Pumas wen die eindstryd van die Curriebeker teen die Griekwas in Kimberley met 26–19 en palm sodoende hul eerste titel in.
- Wêreldrugby het Australië as gasheer vir die Rugbywêreldbeker 2027 benoem, terwyl die Rugbywêreldbeker 2031 aan die Verenigde State toegeken is; laasgenoemde sal die eerste in die Amerikas wees.