Gaan na inhoud

Volstruis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Robbot (besprekings | bydraes) op 11:14, 6 Mei 2012 (r2.7.2) (robot Bygevoeg: et:Jaanalind)

Volstruis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Struthionidae
Genus:
Struthio
Spesie:
S. camelus
Binomiale naam
Struthio camelus
Carolus Linnaeus, 1758
Subspesies
Sien artikel.
Verspreiding van die volstruis in Suider-Afrika.

Die volstruis (Struthio camelus) is 'n loopvoël wat inheems aan Afrika is, waar dit aangetref word in woestynagtige gebiede, oop vlaktes en die bosveld. Dit is die enigste oorlewende spesie van die familie, Struthionidae, en die genus Struthio. 'n Volstruis het 'n maklik-herkenbare voorkoms met sy lang nek en lang bene. Volstruise kan ook baie vinnig hardloop en het die vinnigste landspoed van alle voëls: 65 km/h.[1]

Volstruise is ook die grootste lewende spesie van die voëlklas en daar word met volstruise regoor die wêrleld geboer. Die wetenskaplike naam vir 'n volstruis is van die Griekse strouthokamelos ("kameelmossie"), met verwysing na die voël se lang nek; die Grieke het ook na die voël as strouthos melage ("groot mossie") verwys.[2] Die Afrikaanse benaming is 'n omgekeerde vereenvoudiging van die Nederlandse struisvogel ("struisvoël").

'n Mannetjiesvolstruis het swart en wit vere met 'n rooibruin stert, terwyl die wyfie (en ook onvolwasse volstruise) vaalbruin en wit vere het. 'n Volwasse volstruis het 'n gemiddelde lengte van 2 meter.

Tydens die broeityd vertoon die mannetjie se voorbene rooierig. 'n Volstruiskuiken lyk soos 'n korhaan, maar is meer donsagtig, met 'n afgeplatte snawel en dik bene.

Snags maak die mannetjies 'n harde dreunbrul.

Subspesies

  1. S. c. australis
  2. S. c. camelus
  3. S. c. massaicus
  4. S. c. syriacus
  5. S. c. molybdophanes

Ander name

  • Wetenskaplike naam: Struthio camelus
  • Nederlandse naam: Struisvogel
  • Engelse naam: Ostrich
  • Duitse Naam: Strauß

Sien ook

Bronnelys en verwysings

  • Suider-Afrikaanse Voëls, deur Ian Sinclair (1994). Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 1-86825-628-6
  1. Speed of Animals by Infoplease.com.
  2. "Ostrich". Online Etymology Dictionary.

Sjabloon:Link FA