Foeselolie
Voorkoms
Foeselolie is 'n mengsel van hoëre alkohole wat by die gisting van suikerhoudende stowwe ontstaan. Dit behoort weens die onaangename smaak en skadelike bywerkinge uit jenewer en brandewyn verwyder te word.
'n Kenmerkende verdeling van hoër alkohole in gefermenteerde dranke is:[1]
Getal C | Naam | w/w% hoër alk |
---|---|---|
5 | Isoamiel | 54 |
4 | Isobutiel | 18,3 |
5 | Aktief-amiel | 9,6 |
3 | Propiel | 4,1 |
6 | Heksanol | 1,5 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Monash scientific" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2020.