Australopithecus garhi
Australopithecus garhi Tydperk: Plioseen
| |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. garhi
|
Binomiale naam | |
†Australopithecus garhi (Berhane Asfaw et al., 1997)
|
Australopithecus garhi is 2,5 miljoen jaar oue fossiele wat in 1996 deur ’n navorsingspan onder die Ethiopiese en Amerikaanse paleontoloë Berhane Asfaw en Tim White ontdek is.[1] Sommige geleerdes glo dit is ’n voorsaat van die mens en dalk die direkte voorouer van die menslike genus, Homo.
Ontdekking en morfologie
[wysig | wysig bron]Die eerste fossiele is in 1996 in die Afar-kom van Ethiopië gevind. Op 20 November 1997 het die Ethiopiese paleoantropoloog Yohannes Haile-Selassie die vonds bevestig as A. garhi. Die naam garhi beteken "verrassing" in die plaaslike taal, Afar.
Die eienskappe van fossiele soos BOU-VP-12/130 verskil effens van dié in Australopithecus afarensis en Australopithecus africanus.[1] Navorsing op die voor- en agterkiestande toon ’n paar ooreenkomste met dié van Paranthropus boisei omdat hulle groter is as dié van ander Australopithecus-spesies.
’n Paar primitiewe stukke steengereedskap wat herinner aan Olduwan-tegnologie, is saam met A. garhi-fossiele gevind en dateer uit sowat 2,5 tot 2,6 miljoen jaar gelede.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Asfaw, B; White, T; Lovejoy, O; Latimer, B; Simpson, S; Suwa, G (1999). "Australopithecus garhi: a new species of early hominid from Ethiopia". Science. 284 (5414): 629–35. doi:10.1126/science.284.5414.629. PMID 10213683.
- ↑ De Heinzelin, J; Clark, JD; White, T; Hart, W; Renne, P; Woldegabriel, G; Beyene, Y; Vrba, E (1999). "Environment and behavior of 2.5-million-year-old Bouri hominids". Science. 284 (5414): 625–9. doi:10.1126/science.284.5414.625. PMID 10213682.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- "Australopithecus garhi". Smithsonian-instituut. Besoek op 31 Maart 2011.
- "The Earliest Human Ancestors: New Finds, New Interpretations". Science in Africa. 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2010. Besoek op 31 Maart 2011.
- "Australopithecus garhi". ArchaelogyInfo. Besoek op 31 Maart 2011.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Australopithecus garhi