Northrop P-61 Black Widow
Northrop P-61 Black Widow | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Northrop Corporation |
Nooiensvlug | 26 Mei 1942 |
Bekendstelling | 1944 |
Onttrek | 1954 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 706 |
Die Northrop P-61 Black Widow is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit is die eerste vliegtuig wat uitsluitlik as 'n nagvegter ontwerp is. Die ontwerp is soortgelyk aan die Lockheed P-38 Lightning. Die vliegtuig is ontwerp om aan 'n spesifikasie te voldoen wat in Oktober 1940 uitgereik is. Dit het nuwe RADAR toerusting in die neus gedra wat die bemanning toegelaat het om teikens in die nag te vind en aan te val. Die XP-61 het sy nooiensvlug in 1942 voltooi en aflewering van die vliegtuig het in laat 1943 begin nadat tegniese probleme met die vliegtuig self en die radar opgelos moes word.
Die Black Widow het sy eerste operasionele vlug in Julie 1944 in Europa voltooi en vernietig vier Duitse bomwerpers. Hulle het ook nege V-1 vlieënde bomme vernietig. In die Stille Oseaan-oorlog het die Black Widow sy eerste sukses behaal op die nag van 6/7 Julie 1944. Soos die Black Widow's beskikbaar geword het, het hulle die Douglas P-70's vervang.
Aanvanklik was daar masjiengewere onder die neus en ook in die dorsale afstandbeheerde skiettoring agter die kajuit. As gevolg van probleme is daar weggedoen met die skiettoring by die A-model. Die B-model was egter 20,3 cm langer en die skiettoring is weer benut. Die B-model kon ook vier 726 kg bomme of 1 136 liter weggooibare brandstoftenks dra. Daar was 450 B-modelle gebou. Nadat terugvoering oor die P-61's se gevegsvermoeëns verkry is, is die P-61C ontwikkel. Dit was aangedryf deur twee turboaangejaagde R-2800-73 motors wat 'n noodvermoë gehad het van 2 800 perdekrag. Die opstygmassa van dié vliegtuig was 18 144 kg en dit het 'n minimum aanloopbaanlengte van 4,8 km vereis.
'n Paar Black Widow's het tot in 1950 in die Amerikaanse Lugmag diens gedoen.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Pratt & Whitney R-2800-65 Double Wasp 18-silinder dubbelry stermotor |
Kraglewering per motor | 2 000 perdekrag |
Vlerkspan | 20,11 m |
Lengte | 15,11 m |
Hoogte | 4,47 m |
Vlerkoppervlakte | 61,53 m2 |
Normale opstygmassa | 16 420 kg |
Maksimum snelheid | 589 km/h |
Operasionele hoogte | 10 060 m |
Togafstand | 2 172 km |
Klimvermoë | 637 m per minuut |
Bewapening | Vier 12,7 mm masjiengewere in boonste skiettoring vier 20 mm kanonne in die onderkant plus 2905 kg bomme |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9