Gaan na inhoud

Oorwinningstele van Naram-Sin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oorwinningstele van Naram-Sin
Beskrywing
Materiaal Kalksteen
Hoogte 200 cm
Breedte 150 cm
Skryfwerk Akkadiese wigskrif
Geskep/ontstaan c. 2250 v.C.
Ontdekking
Datum ontdek 1898
Ontdek deur Jacques de Morgan
Plek ontdek Susa (was eers in Sippar)
Kultuur Akkadiese Ryk
Identifikasie Sb 4
Tans in Louvre, Parys

Die Oorwinningstele van Naram-Sin is ’n stele uit omstreeks 2254-2218 v.C., die tyd van die Akkadiese Ryk, wat nou in die Louvre in Parys uitgestal word. Die reliëfwerk is 200 cm hoog en is uit pienk kalksteen gegraveer. Dit beeld koning Naram-Sin van Akkad uit wat ’n Akkadiese leër na oorwinning lei oor die Lullubi, ’n bergvolk van die Zagros.

Uitbeelding

[wysig | wysig bron]

Dit wys in verhalende trant hoe die koning oor steil hellings na die vyandelike gebied beweeg; links is die geordende Akkadiese magte wat in gelid marsjeer bo-oor die wanordelike verdedigers, wat gebroke en oorwonne op die grond lê.

Naram-Sin word uitgebeeld as verreweg die belangrikste figuur; hy troon bo sy soldate en die vyand uit en alle oë is na bo op hom gerig. Die swak en chaotiese vyand word van die bergtop afgegooi; hulle is met spiese deurboor, vlug en smeek Naram-Sin om genade terwyl Naram-Sin self op hulle trap. Dit is veronderstel om hulle onopgevoede, barbaarse aard oor te dra, wat die oorwinning regverdig.[1]

Die stele is in twee opsigte uniek. Die meeste oorwinningsteles is horisontaal, met die koning bo in die middel. Dié stele beeld die oorwinning vertikaal uit, met die koning steeds bo in die middel, maar waar almal kan opkyk na hom. Die tweede unieke aspek is dat Naram-Sin ’n helm met bulhorings dra en die gesig van ’n leeu of bul het. Sulke helms is in dié tyd net deur die gode gedra. Die stele vertel eintlik aan die kyker Naram-Sin is ’n oorwinnaar danksy sy goddelike status. Maar dit wys ook hoe Naram-Sin na twee sterre opkyk. Dit toon dat hoewel hy ’n god is, ’n status wat net afgestorwe konings tot dusver kon bereik, hy steeds nie die magtigste god is nie.

Ontdekking

[wysig | wysig bron]

Die stele is vermoedelik oorspronklik van Sippar, maar is op die Irannese terrein van Susa ontdek. Dit is in die 12de eeu v.C. uit Mesopotamië geneem deur die Elamitiese koning Shutruk-Nakhunte. Hy was ’n afstammeling van die Lullubi, wat op die stele oorwin word. Hy het beweer hy het self die stele daarheen gedra. Die toe reeds antieke inskripsie is behou, wat dui op respek vir Naram-Sin se oorwinning. Shutruk-Nakhunte het egter ’n inskripsie bygevoeg waarin hy sy eie glorie verkondig en vertel hoe die stele uit die stad gedra is ná die plundering van Sippar.[2][3]

Die Franse argeoloog Jacques de Morgan het die stele in 1898 opgegrawe en geskuif na die Louvre in Parys, waar dit steeds is.[4]

Naram-Sin se inskripsie in Akkadies op sy oorwinningstele. Sy naam (𒀭𒈾𒊏𒄠𒀭𒂗𒍪) verskyn vertikaal in die kassie regs bo.

Inskripsies

[wysig | wysig bron]

Die inskripsie bo Naram-Sin se kop is in Akkadies. Dit is in stukke, maar lui:

"Naram-Sin die magtige ... Sidur en Satuni, prinse van die Lulubi, het saamgekom en oorlog teen my gemaak."
Akkadiese inskripsie van Naram-Sin[5][6]

Die tweede inskripsie, regs bo-op die berg, is sowat 1 000 jaar later deur Shutruk-Nahhunte geskryf:[7]

"Ek is Shutruk-Nahhunte, seun van Hallutush-Inshushinak, geliefde dienaar van die god Inshushinak, koning van Anshan en Susa, wat die koninkryk vergroot het, wat sorg vir die grondgebied van Elam, die meester van die land Elam. Nadat die god Inshusinak my die opdrag gegee het, het ek Sippar verslaan. Ek het die stele van Naram-Sin gevat en weggedra, en dit na die land Elam gebring. Ek plaas dit vir my god Inshushinak neer as ’n offerande."
Elamitiese inskripsie op die stele[7]

Detail

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2013. Besoek op 16 Mei 2013.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  2. "Victory Stele of Naram-Sin". www.mtholyoke.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2019. Besoek op 20 Julie 2017.
  3. Stokstad, Marilyn; Cothren, Michael Watt (2018). Art history (Sixth uitg.). Upper Saddle River. ISBN 9780134475882. OCLC 953927607.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  4. "Victory Stele of Naram-Sin, Louvre Museum, Paris". www.louvre.fr. Besoek op 16 November 2015.
  5. Babylonian & Oriental Record (in Engels). 1895. p. 27.
  6. Hamblin, William J. (2006). Warfare in the Ancient Near East to 1600 BC. Routledge. p. 100. ISBN 9781134520626.
  7. 7,0 7,1 Mieroop, Marc Van De (2015). A History of the Ancient Near East, ca. 3000-323 BC (in Engels). John Wiley & Sons. p. 199. ISBN 9781118718230.
  8. Hamblin, William J. (2006). Warfare in the Ancient Near East to 1600 BC. Routledge. p. 100. ISBN 9781134520626.
  9. Roux, Georges (1995). La Mésopotamie. Essai d'histoire politique, économique et culturelle. Le Seuil. p. 141. ISBN 9782021291636.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (fr) Pierre Amiet, L'art d'Agadé au musée du Louvre, Parys, Éditions des Musées nationaux, 1976, p. 29-32
  • (de) Pierre Amiet: Altakkadische Flachbildkunst, in Propyläen Kunstgeschichte XVIII, p. 196–197 Taf. 104.
  • (fr) Agnès Benoit: Agnès Benoit, Art et archéologie: Les civilisations du Proche-Orient Ancien, Parys, Réunion des Musées Nationaux, École du Louvre, coll. Manuels de l’École du Louvre, 2007, p. 260-261
  • (en) Irene Winter, On Art in the Ancient Near East : Volume II From the Third Millennium B.C.E., Leyden & Boston, Brill, coll. Culture and history of the ancient Near East, 2010, p. 85-149

Skakels

[wysig | wysig bron]