Waterlelies (Monet reeks)
Waterlelies (of Nymphéas, Frans: [nɛ̃.fe.a] ) is 'n reeks van ongeveer 250 olieverfskilderye deur die Franse impressionis Claude Monet (1840–1926). Die skilderye beeld sy blomtuin by sy huis in Giverny uit, en was die hooffokus van sy kunsproduksie gedurende die laaste dertig jaar van sy lewe. Verskeie van die werke is geverf terwyl Monet aan katarakte gely het. [1] [2]
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Monet se jarelange voorkeur vir die vervaardiging en uitstalling van 'n reeks skilderye wat vanuit onderwerp en perspektief verband hou, het in 1889 begin, met ten minste tien skilderye wat by die Vallei van die Creuse gemaak is, wat by die Galerie Georges Petit vertoon is. [3] Vanr sy ander bekende reekse is ondermeer sy Haystacks .
Gedurende die 1920's het die staat Frankryk 'n paar ovaalkamers by die Musée de l'Orangerie gebou as 'n permanente tuiste vir agt waterlelie- muurskilderye deur Monet. Die uitstalling het op 16 Mei 1927, 'n paar maande ná Monet se afsterwe, vir die publiek geopen. [1] Sestig waterlelieskilderye van regoor die wêreld is in 1999 vir 'n spesiale uitstalling by die Musée de l'Orangerie saamgestel. [4]
Die skilderye is as prominente uitstallings by museums regoor die wêreld uitgestal, insluitend die Princeton University Art Museum, Musée Marmottan Monet, [5] die Musée d'Orsay in Parys, die Metropolitan Museum of Art, Museum of Modern Art in New York, [6] die Art Institute of Chicago, [7] die Saint Louis Art Museum, [8] die Nelson-Atkins Museum of Art in Kansas City, Missouri, [9] die Carnegie Museum of Art, die Nasionale Museum van Wallis, die Musée des Beaux-Arts de Nantes, The Toledo Museum of Art die Cleveland Museum of Art, [10] die Portland Art Museum en die Legion of Honor . [11] In 2020 het The Museum of Fine Arts, Boston sy 150-jarige herdenking gevier met sommige van Monet se Waterlelies-skilderye. [12]
Die skilderye op 'n veiling
[wysig | wysig bron]Op 19 Junie 2007 is een van Monet se Waterlelie-skilderye vir £18,5 miljoen op 'n Sotheby's- veiling in Londen verkoop.[13] Op 24 Junie 2008 is nog een van sy Waterlelie- skilderye, Le Bassin Aux Nymphéas, vir byna £41 miljoen by Christie's in Londen verkoop, byna dubbel die aanvanklike skatting van £18 tot £24 miljoen. [14]
In Mei 2010 is aangekondig dat die 1906 Nymphéas -werk in Junie 2010 in Londen opgeveil sou word. Die skildery het 'n geraamde verkoopprys van tussen £30 en £40 miljoen gehad. [15] Giovanna Bertazzoni, die veilinghuis Christie's se direkteur en die hoof van impressionistiese en moderne kuns, het gesê: "Claude Monet se waterlelieskilderye is een van die mees erkende en gevierde werke van die 20ste eeu en was geweldig invloedryk vir baie van die volgende generasie se kunstenaars."[15] Die verkoping het op 23 Junie 2010 by die veilinghuis plaasgevind en die skildery het 'n bod van tot £29 miljoen gelok, maar dit kon uiteindelik nie verkoop nie. [16]
Op 6 Mei 2014 is een van die Waterlelies, Le Bassin aux Nymphéas, opgeveil by Christie's, in New York (stad) vir $27 miljoen.[17]
In Junie 2014 is een van die Waterlelies, Nymphéas, vir $54 miljoen USD op 'n Sotheby's-veiling in Londen verkoop. [18] Hierdie kunswerk is aan 'n anonieme koper opgeveil, maar die stuk het voortgegaan om deel te wees van die uitstalling "Painting the Modern Garden: From Monet to Matisse" by die Cleveland Museum of Art en die Royal Academy of Arts, Londen, wat in 2015 begin het. [18] Die medevoorsitter van Sotheby's se moderne en impressionistiese kunsafdeling, Helena Newman, beweer dat die resultaat bo-aan die oorspronklike geraamde verkoopprys is. Hierdie prys was tussen 34 en 51 miljoen Amerikaanse dollars.
Terwyl heelwat van Monet se meesterstukke verkoop is, is daar steeds na raming 250 olieverfskilderye vanuit hierdie reeks. [19] Die versameling is wêreldwyd gewild, met baie van hierdie kunswerke wat in uitstallings is wat nog nie opgeveil is nie. Die skilderye is gekatalogiseer deur Daniel Wildenstein in sy Monet: Catalog Raisonné.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Le Bassin Aux Nymphéas, 1919, private versameling
-
Waterlelies, 1919, Metropolitan Museum of Art, New York City
-
Nymphéas, 1915, Musée Marmottan Monet
-
Nymphéas (Waterlelies), 1914–17, Nasionale Galery van Australië
-
Nabyblik van Waterleliedam, een van 18 uitsigte van die dam, 1899, Boston Museum of Fine Arts
Lys van Waterlelie skilderye
[wysig | wysig bron]Beeld | Titel | Datum | Katalogus Nr | GrootteSize (cm) | Museum |
---|---|---|---|---|---|
Waterlelies | 1897–98 | W.1501 | 66 x 104 | Los Angeles Distrik Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1897–98 | W.1502 | 73 x 100 | Ohara Galery, New York | |
Waterlelies | 1897–98 | W.1503 | 75 x 100 | ||
Waterlelies – aandeffek | 1897–98 | W.1504 | 73 x 100 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies | 1897–98 | W.1505 | 75 x 100 | ||
Waterlelies | 1897–99 | W.1506 | 89 x 130 | Stadsmuseum vir Kuns, Kagoshima | |
Waterlelies | 1897–99 | W.1507 | 81 x 100 | Galleria Nazionale d'Arte Moderna, Rome | |
Waterlelies | 1897–99 | W.1508 | 130 x 152 | ||
Waterlelies en Japanese brug | 1899 | W.1509 | 90 x 90 | Princeton Universiteit Kunsmuseum | |
Die Waterlelie dam | 1899 | W.1510 | 92 x 90 | ||
Die Waterlelie dam | 1899 | W.1511 | 89 x 92 | Pola Kunsmuseum, Kanagawa | |
Japanese Brug en Waterlelie dam | 1899 | W.1512 | 89 x 93 | Philadelphia Kunsmuseum | |
Wit Waterlelies | 1895 | W.1513 | Pushkin Museum (Moskou) | ||
Die Waterlelie dam | 1899 | W.1514 | 89 x 92 | ||
Die Lelie dam, Groen Harmonie | 1898 | W.1515 | 89 x 92 | Musée d'Orsay, Parys | |
Die Lelie dam | 1899 | W.1516 | 88 x 93 | Nasionale Galery, Londen | |
Japanese Voetbrug | 1899 | W.1517 | 81 x 100 | Nasionale Kunsgalery, Washington D.C. | |
Brug oor die Lelie dam | 1899 | W.1518 | 93 x 74 | "Metropolitan Museum of Art", New York | |
Brug oor die Waterlelies | 1899 | W.1520 | 116 x 89 | MM Khalil Museum, Kairo | |
Waterlelie dam | 1900 | W.1628 | 89.8 × 101 | Kuns Instituut van Chicago | |
Waterlelie dam, Simfonie in Rooskleurigheid | 1900 | W.1629 | "Musée d'Orsay", Parys | ||
Die Water lelie dam | 1900 | W.1630 | Museum van Skone Kunste, Boston | ||
Die Japanese Brug oor die lelie dam | 1900 | W.1631 | 89 x 82 | Museum van Skone Kunste, Boston | |
Waterlelie dam en die paadjie by die water | 1900 | W.1633 | |||
Waterlelies, Wolke | 1903 | W.1656 | 73 x 100 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1903 | W.1657 | 81 x 100 | Dayton Kuns Instituut | |
Waterlelies | 1903 | W.1658 | 81 x 100 | Bridgestone Museum of Art, Tokyo | |
Waterlelies | 1903 | W.1660 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Waterlelies | 1903 | W.1661 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Waterlelies | 1904 | W.1662 | 81 x 100 | Privaatversameling | |
Lelie dam | 1904 | W.1664 | 90 x 96 | Museum van Moderne Kunste André Malraux - MuMa, Le Havre | |
Waterlelies | 1904 | W.1665 | |||
Lelie dam | 1904 | W.1666 | 88 x 91 | Denver Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1904 | W.1667 | Musée des Beaux-Arts de Caen | ||
Die brug oor die Waterlelie dam | 1905 | W.1668 | Privaatversameling | ||
Leliedam, die Brug | 1905 | W.1669 | |||
Die Waterlelie dam en die Brug | 1905 | W.1670 | 86 X 100 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1905 | W.1671 | 89 x 100 | Museum van Skone Kunste, Boston | |
Waterlelies | 1905 | W.1672 | 89 x 99 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1905 | W.1673 | 90 X 100 | ||
Waterlelies | 1905 | W.1674 | 90 x 100 | ||
Waterlelies | 1905 | W.1675 | 89 x 92 | ||
Waterlelies | 1905 | W.1676 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1905 | W.1678 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1905 | W.1679 | 81 x 100.5 | ||
Waterlelies | 1905 | W.1680 | 82 x 101 | Nasionale Museums en Galerye van Wallis, Cardiff | |
Waterlelies | 1906–07 | W.1682 | 73 x 100 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1906 | W.1683 | 89.9 × 94.1 | Art Institute of Chicago | |
Waterlelies | 1906–07 | W.1684 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1906–07 | W.1685 | 81 x 92 | ||
Waterlelies | 1906–07 | W.1686 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1906–07 | W.1687 | 91 x 100 | ||
Waterlelies | 1906–07 | W.1688 | Nasionale Museums en Galerye van Wallis, Cardiff | ||
Waterlelies | 1906–07 | W.1689 | 73 x 92 | Ohara Kunsmuseum, Kurashiki | |
Waterlelies | 1908 | W.1690 | 90 x 93 | Kunstmuseum, Saint Gallen | |
Waterlelies | 1907 | W.1691 | 81 x 92 | Kunsmuseum, Yamagata | |
Waterlelies | 1907 | W.1695 | 81 x 100 | Musée M Khalil, Kairo | |
Waterlelies | 1907 | W.1696 | Wadsworth Atheneum Hartford | ||
Waterlelies | 1907 | W.1697 | 90 x 93 | Museum van Skone Kunste, Boston | |
Waterlelies | 1907 | W.1698 | 93 x 89 | ||
Waterlelies | 1907 | W.1699 | 93 x 99 | Pola Kunsmuseum, Kanagawa | |
Waterlelies | 1907 | W.1700 | |||
Waterlelies | 1907 | W.1701 | Diam. 81 cm | Musée d'art moderne (Saint-Étienne) | |
Waterlelies | 1907 | W.1702 | circular | Musée d'art moderne (Saint-Étienne) | |
Waterlelies | 1907 | W.1703 | 91 x 81 | Museum van Skone Kunste, Houston | |
Waterlelies | 1907 | W.1704 | |||
Waterlelies | 1907 | W.1705 | |||
Waterlelies | 1907 | W.1706 | 73 x 92 | ||
Waterlelies | 1907 | W.1707 | 100 x 82 | ||
Waterlelies | 1907 | W.1708 | 100 x 73 | Privaatversameling[20] | |
Waterlelies | 1907 | W.1709 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1907 | W.1710 | Israel Museum, Jerusalem | ||
Waterlelies | 1907 | W.1713 | 82 x 89 | "Kuboso Memorial Museum of Art", Osaka | |
Waterlelies | 1907 | W.1714 | Musée Marmottan Monet, Paris | ||
Waterlelies | 1907 | W.1715 | Bridgestone Kunsmuseum, Tokyo | ||
Waterlelies | 1907 | W.1716 | Gothenburg Kunsmuseum | ||
Waterlelies | 1907 | W.1717 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Waterlelies, Weerkaatsings op die water | 1907 | W.1718 | Musée A André, Bagnols-sur-Cèze | ||
Waterlelies, Sonsondergang | 1907 | W.1719 | 73 x 93 | Nasionale Galery, Londen | |
Waterlelies | 1907 | W.1721 | 90 x 92 | ||
Waterlelies | 1907 | W.1723 | 100 x 100 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1908 | W.1724 | Diam. 81 | Museum van Vernon | |
Waterlelies | 1908 | W.1725 | 92 x 81 | ||
Waterlelies | 1908 | W.1726 | 100 x 81 | ||
Waterlelies | 1908 | W.1727 | 92 x 89 | ||
Waterlelies | 1908 | W.1728 | 92 x 89 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1908 | W.1729 | Diam. 80 | Dallas Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1908 | W.1730 | 100 x 81 | ||
Waterlelies | 1908 | W.1731 | 100 x 90 | Tokyo Fuji Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1908 | W.1732 | 100 x 81 | Nasionale Museum van Wallis, Cardiff | |
Waterlelies | 1908 | W.1733 | 73 x 93 | Worcester Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1908 | W.1734 | 86 x 90 | ||
Waterlelies | 1908 | W.1735 | 100 x 81 | ||
Die Waterlelie dam, Roos Boë | 1914–17 | W.1781 | 73 x 100 | ||
Waterlelies met weerkaatsings van Groen Grasse | 1914–17 | W.1782 | 130 x 200 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1783 | 130 x 200 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1786 | 130 x 150 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1787 | 135 x 145 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1788 | 180 x 146 | Skone Kunste Museum, San Francisco | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1789 | 175 x 135 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1790 | 160 x 180 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1793 | 152 x 200 | Asahi beer Oyamazaki Villa Kunsmuseum, Kyoto | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1794 | 130 x 90 | Museum van Moderne Kuns, Gunma | |
Waterlelies | 1915 | W. 1795 | 160 x 180 | Portland Kunsmuseum, Oregon | |
Waterlelies | 1915 | W.1796 | 151 x 200 | Neue Pinakothek, Munchen | |
Waterleies | 1914–17 | W.1797 | 130 x 153 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1798 | 132 x 84 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1799 | 170 x 122 | ||
Waterlelies | 1916 | W.1800 | 200 x 200 | Nasionale Museum van Westerse Kuns, Tokio | |
Wit en Geel Waterlelies | 1914–17 | W.1801 | 200 x 200 | Kunstverein, Winterthur | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1802 | 200 x 200 | Asahi beer Oyamazaki Villa Kunsmuseum, Kyoto | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1803 | Privaatversameling | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1804 | 200 x 215 | Toledo Kunsmuseum | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1805 | 160 x 180 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1806 | 150 x 165 | ||
Waterlelies | 1914–17 | W.1807 | 180 x 200 | Nasionale Galery van Australië, Canberra | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1808 | 180 x 200 | ||
Waterleies | 1914–17 | W.1809 | 135 x 145 | ||
Waterlelies | 1914–19 | W.1810 | 120 x 200 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1914–19 | W.1811 | 200 x 200 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1812 | 135 x 145 | Chichu Kunsmuseum, Naoshima | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1813 (lost in fire) |
180 x 200 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1814 | 150 x 200 | "Beyeler Foundation", Basel | |
Waterlelies | 1914–17 | W.1815 | 180 x 200 | Wallraf-Richartz Museum, Keulen | |
Waterlelies | 1914–19 | W.1816 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Waterlelies, Graspolle | 1914–17 | W.1817 | 200 x 213 | Chichu Kunsmuseum, Naoshima | |
Waterlelies | 1916–19 | W.1852 | 150 x 197 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Blou Waterlelies | 1916–19 | W.1853 | 200 x 200 | Musée d'Orsay, Parys | |
Waterlelies | 1916–19 | W.1854 | 200 x 180 | "Beyeler Foundation", Basel | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1855 | 130 x 88 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1857 (left half) |
Chichu Kunsmuseum, Naoshima | ||
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1857 (right half) |
Chichu Kunsmuseum, Naoshima | ||
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1858 | 130 x 200 | Metropolitan Museum of Art, New York | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1859 | 200 x 200 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1860 | 130 x 200 | Metropolitan Museum of Art, New York | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1861 | 130 x 197 | Munisipale Kunsmusem, Kitakyushu | |
Waterlelies, Weerkaatsing van 'n Wilgerboom | 1916–19 | W.1862 | 200 x 200 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Waterlelies | 1916–19 | W.1863 | 130 x 200 | Kunsmuseum, San Antonio | |
Waterlelies | 1916–19 | W.1864 | 130 x 152 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Vue du bassin aux nymphéas avec saule | 1916–19 | W.1866 | 140 x 150 | Privaatversameling | |
Die Waterlelie dam | 1918–19 | W.1879 | 120 x 89 | Musée d'Art et d'Histoire, Gene | |
Jardin d'eau à Giverny | 1920 | W.1878 | 117 x 83 | Museum van Grenoble | |
Die Waterlelie dam | 1918–19 | W.1880 | |||
Die Waterlelie dam | 1918–19 | W.1882 | 73 x 105 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Die Waterlelie dam | 1918–19 | W.1883 | 130 x 200 | Museum Folkwang, Essen | |
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1885 | |||
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1886 | 100 x 200 | Musée d'Arts de Nantes | |
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1887 | Privaatversameling | ||
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1888/1 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Waterlelie dam | 1917–1926 | W.1889 | 130.2 × 201.9 | Kuns Instituut van Chicago | |
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1890 | 100 x 200 | ||
Die Waterlelie dam (linkerkantste paneel) | 1917–19 | W.1891 | 101 x 200 | Metropolitan Museum of Art, New York | |
Die Waterlelie dam (regterkantste paneel) | 1917–19 | W.1892 | 100 x 200 | ||
Die Waterlelie dam (helfte van die oorspronklike) |
1917–19 | W.1893-1 | |||
Die Waterlelie dam (helfte van die oorspronklike) |
1917–19 | W.1893-2 | 101 x 104 | Privaatversameling | |
Waterlelies | 1917–19 | W.1894 | |||
Waterlelies | 1917–19 | W.1895 | 100 x 200 | Honolulu Kunsmuseum | |
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1896 | 100 x 200 | Chichu Kunsmuseum, Naoshima | |
Die Waterlelie dam | 1917–19 | W.1897 | |||
Waterlelie dam | 1917–19 | W.1899 | 100 x 200 | Albertina, Wene | |
Die Waterlelie dam | 1917–20 | W.1900 | 100 x 200 | ||
Die Waterlelie dam (linkerkant) | 1917–20 | W.1901/1 | Onbekend | ||
Die Waterlelie dam (regterkant) | 1917–20 | W.1901/2 | 98 x 130 | Privaatversameling | |
Die Waterlelie dam | 1917–20 | W.1901a | 46 x 56 | ||
Die Waterlelie dam | 1917–20 | W.1901b | |||
Waterlelies | 1919–20 | W.1902 | Musée Marmottan Monet, Parys | ||
Die Japanese Brug | 1918 | W.1913 | 100 x 200 | Musée Marmottan Monet, Parys | |
Die Japanese Brug | 1918 | W.1915 | |||
Die Japanese Brug | 1918 | W.1917 | |||
Le Pont japonais, sur le bassin aux nymphéas | 1920–24 | W.1919 | 89 x 92 | São Paulo Kunsmuseum | |
Die Japanese Brug | 1918 | W.1920 | |||
Die Japanese Brug | 1918–24 | W.1921 | 115 x 89 | "Beyeler Foundation", Basel | |
Die Japanese Brug | 1917–20 | W.1921a | Van Gogh Museum, Amsterdam | ||
Die Japanese Brug | 1918 | W.1922 | |||
Le Pont japonais, Giverny | 1920–24 | W.1925 | 94 x 89 | Museum van Skone Kunste, Houston | |
Die Japanese Brug | 1918 | W.1929 | |||
Nymphéas et Pont japonais | 1920–24 | W.1930 | 89 x 91 | Philadelphia Kunsmuseum | |
Die Japanese Brug | 1923–25 | W.1931 | Minneapolis Instituut van die Kunste | ||
Die Japanese Brug | 1920–22 | W.1932 | 89 x 116 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Die Japanese Brug | 1920s | W.1933 | 89 x 116 | Musée Marmottan Monet | |
Waterlelie dam, Aand (linkerkantste paneel) | 1920–26 | W.1964 | Kunsthaus Zurich | ||
Waterlelie dam, aand (regterkantste paneel) | 1920–26 | W.1965 | Kunsthaus Zurich | ||
Waterlelie dam (linkerste helfte) | 1920–26 | W.1966 | 200 x 150 | Chichu Kunsmuseum, Naoshima | |
Waterlelie dam (regterkantste helfte) | 1920–26 | W.1967 | 200 x 150 | Chichu Kunsmuseum, Naoshima | |
Waterlelie dam (drieluik, linkerkantste paneel) | 1920–26 | W.1968 | "Beyeler Foundation", Basel | ||
Waterlelie dam (drieluik, middelste paneel) | 1920–26 | W.1969 | "Beyeler Foundation", Basel | ||
Waterlelie dam (drieluik, regterkantste paneel) | 1920–26 | W.1970 | "Beyeler Foundation", Basel | ||
Weerkaatsings van Wolke op die Waterlelie dam (drieluik, linkerkantste paneel) | 1920–26 | W.1972 | 200 x 424 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Weerkaatsings van Wolke op die Waterlelie dam (drieluik, middelste paneel) | 1920–26 | W.1973 | 200 x 424 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Weerkaatsings van Wolke op die Waterlelie dam (drieluik, regterkantste paneel) | 1920–26 | W.1974 | 200 x 424 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Waterlelies, Agapanthus (linkerkanste paneel) | 1920–26 | W.1975 | 200 x 425 | Cleveland Kunsmuseum | |
Waterlelies, Agapanthus (middelste paneel) | 1920–26 | W.1976 | 200 x 425 | Saint Louis Kunsmuseum | |
Waterlelies, Agapanthus (regterkantste paneel) | 1920–26 | W.1977 | 200 x 425 | Nelson-Atkins Kunsmuseum, Kansas City | |
Waterlelies | 1920–26 | W.1978 | 200 x 427 | Nasionale Galery, Londen | |
Die Waterlelie dam, Groen Weerkaatsings | 1920–26 | W.1979 | Kunsthaus Zurich | ||
Waterlelie dam met Irisse | 1920–26 | W.1980 | 200 x 600 | Kunsthaus Zurich | |
Waterlelies | 1920–26 | W.1981 | 200 x 600 | Museum van Moderne Kunste, New York | |
Waterlelie dam | 1920–26 | W.1982 | 200 x 602 (lost in fire) |
Museum van Moderne Kunste, New York | |
Waterlelie dam | 1920–26 | W.1983 | 200 x 600 | Carnegie Museums van Pittsburgh | |
Nymphéas, le matin clair aux saules | 1914–26 | 200 x 1257 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Nymphéas, reflets verts | 1914–26 | 200 x 850 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Nymphéas, Soleil couchant | 1914–26 | 200 x 600 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Nymphéas, les nuages | 1914–26 | 200 x 1275 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Nymphéas, les deux saules | 1914–26 | 200 x 1700 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Nymphéas, reflets d'arbres | 1914–26 | 200 x 850 | Musée de l'Orangerie, Parys | ||
Les Nymphéas | 1920–26 | 219 x 602 | Musée de l'Orangerie, Parys |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Monet, Claude." Grove Art Online.
- ↑ https://www.telegraph.co.uk/culture/art/art-features/11167000/Why-are-Monets-water-lilies-so-popular.html
- ↑ Tucker, Paul Hayes, Monet in the '90s: The Series Paintings, 1989, Museum of Fine Arts, Boston in association with Yale University Press, p. 41.
- ↑ Susan Bell. "Paris sees Monet lilies in a new light." The Times. 8 Mei 1999.
- ↑ Claude Monet paintings Geargiveer op Wayback Machine at the Marmottan
- ↑ Water Lilies Geargiveer op Wayback Machine at the Metropolitan Museum of Art
- ↑ Water Lilies Geargiveer op Wayback Machine at the Art Institute of Chicago
- ↑ Water Lilies Geargiveer op Wayback Machine at the Saint Louis Art Museum,
- ↑ Water Lilies Geargiveer op Wayback Machine, the Nelson-Atkins Museum of Art
- ↑ "Water Lilies (Agapanthus)". Cleveland Museum of Art. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2013. Besoek op 31 Januarie 2013.
- ↑ "Fine Arts Museums of San Francisco". FAMSF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2011. Besoek op 31 Januarie 2019.
- ↑ "Boston's Museum Of Fine Arts Turns 150, Celebrates Monet's 'Lasting Impression'". NPR.org. 1 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2020. Besoek op 2 September 2020.
- ↑ Dalya Alberge. "Monet lilies make £18.5m but just miss world record." The Times. 20 June 2007.
- ↑ The Laura Henry Collection "Monet masterpiece sells at auction for almost £41million" The Laura Henry Collection. 25 June 2008.
- ↑ 15,0 15,1 https://www.bbc.com/news/10225556
- ↑ https://www.bbc.com/news/10396341
- ↑ Embuscado, Rain (12 Mei 2016). "Frida Kahlo Breaks Record at Christie's May Sale". News.artnet.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2018. Besoek op 31 Januarie 2019.
- ↑ 18,0 18,1 "Monet painting of waterlilies sells for $54 million at auction". Los Angeles Times. 26 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2018. Besoek op 16 Mei 2018.
- ↑ https://www.independent.co.uk/arts-entertainment/art/news/claude-monet-water-lilies-sell-for-ps32m-in-second-highest-auction-sale-for-his-work-9558624.html
- ↑ "CLAUDE MONET (1840-1926)". www.christies.com (in Engels). Besoek op 4 Julie 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Claude Monet, Ministère de la culture et de la communication
- Claude Monet, Joconde, Portail des collections des musées de France
- Waterlelies by die Portland Kunsmuseum
- Monet's Years at Giverny: Beyond Impressionism, uitstallingskatalogus volledig aanlyn as PDF van The Metropolitan Museum of Art, wat materiaal oor hierdie kunswerke bevat