1ste Dinastie van Egipte
Die 1ste Dinastie (ook Dinastie I geskryf) was die eerste dinastie van Antieke Egipte ná die vereniging van Bo- en Benede-Egipte. Dit het geduur van omstreeks 3100 tot 2890 v.C. en was die begin van die Egiptiese historiese tyd. Dié dinastie word saam met die 2de Dinastie beskou as die sogenaamde Vroegdinastiese Tydperk, met die mag in Thinis.
Heersers
[wysig | wysig bron]Die bekendste heersers van die 1ste Dinastie was:
Naam | Notas | Bewind |
---|---|---|
Narmer | Moontlik Menes op vroeëre lyste | Omstreeks 3130–3050 v.C. |
Hor-Aha | Omstreeks 3080 v.C. | |
Djer | Omstreeks 3073–3036 v.C. 41 jaar. | |
Djet | 3008–2975 v.C.? | |
Merneith | Die ma van Den | 3008/2946–2916 v.C. |
Den | 2975–2935 of 2928–2911 v.C. 19 tot 50 jaar. | |
Anedjib | 2916–2896 v.C. 20 jaar. | |
Semerchet | 2912–2891 v.C.? 20 jaar. | |
Qa'a | 2906–2886 v.C.? 30 jaar. |
Inligting oor die dinastie kom van ’n paar monumente en ander voorwerpe met koninklike name, sowel as die Den- en Qa'a-koningslyste.[1]
Groot grafkelders van farao's by Abydos en Naqada, asook begraafplase by Saqqara en Helwan naby Memphis, wys strukture is hoofsaaklik van hout en modderstene gebou, met minimale gebruik van stene vir mure en vloere. Klip is gebruik vir ornamente en standbeelde. Tamariskhout is gebruik vir die maak van bote.
Menslike offerandes
[wysig | wysig bron]Dat mense geoffer is as deel van begrafnisrituele, blyk uit die feit dat mense (en diere) doodgemaak en naby die farao begrawe is. Daar is 338 individue saam met Djer begrawe.[2] Die mense en diere moes die farao in die hiernamaals bystaan. Om die een of ander rede is die praktyk aan die einde van die dinastie beëindig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Qa'a and Merneith lists", Xoomer, IT: Virgilio, http://xoomer.virgilio.it/francescoraf/hesyra/Egyptgallery03.html.
- ↑ Shaw, Ian (2000), The Oxford History of Ancient Egypt, Oxford: Oxford University Press, bl. 68. ISBN 0-19-280458-8
Voorafgegaan deur Voordinastiese tyd |
1ste Dinastie | Opgevolg deur 2de Dinastie |