22ste Dinastie van Egipte
Voorkoms
Die 22ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXII geskryf) word saam met die 21ste Dinastie en die 23ste tot die 25ste Dinastie beskou as die land se Derde Oorgangstydperk.
Die dinastie het aanvanklik van die stad Boebastis af regeer. Dit is gestig deur Osorkon die Ouere, die eerste Libiese farao van Egipte.[1]
Heersers
[wysig | wysig bron]Die bekende heersers van die 22ste Dinastie was:
Farao | Troonnaam | Bewind | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sjosjenq I | Hedjcheperre-Setepenre | 943–922 v.C. | |||||||||||||||||
Osorkon I | Sechemkheperre-Setepenre | 922–887 v.C. | |||||||||||||||||
Sjosjenq II | Heqacheperre-Setepenre | 887–885 v.C. | |||||||||||||||||
Takelot I | Hedjcheperre-Setepenre | 885–872 v.C. | |||||||||||||||||
Osorkon II | Oesermaetre-Setepenamoen | 872–837 v.C. | |||||||||||||||||
Sjosjenq III | Oesermaetre-Setepenre | 837–798 v.C. | |||||||||||||||||
Sjosjenq IV | Hedjcheperre-Setepenre | 798–785 v.C. | |||||||||||||||||
Pami | Oesermaetre-Setepenamoen | 785–778 v.C. | |||||||||||||||||
Sjosjenq V | Acheperre | 778–740 v.C. | |||||||||||||||||
Pedoebast II | Sehetepibenre | 740–730 v.C. | |||||||||||||||||
Osorkon IV | Acheperre-Setepenamoen | 730–716 v.C. |
Libiese regering
[wysig | wysig bron]Die farao's van die 22ste Dinastie was Libiërs wat van omstreeks 943 tot 720 v.C. regeer het. Volgens die Egiptiese historikus Manetho het die dinastie sy oorsprong in Boebastis gehad, maar die konings het van Tanis af regeer; dit was hul hoofstad en die plek waar hulle begrawe is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 22ste Dinastie van Egipte.
Voorafgegaan deur ← 21ste Dinastie |
22ste Dinastie | Opgevolg deur 23ste Dinastie → |